FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Robin Wright verbreek verlowing

Die 48-jarige aktrise Robin Wright is weer enkellopend ná sy haar verhouding met haar veel jonger verloofde, Ben Foster, verbreek het.

’n Bron het aan US Weekly vertel dat die 14 jaar ouderdomsverskil tussen die House of Cards-aktrise en die Breaking Bad-akteur sy tol geëis het.

“Die ouderdomsverskil was net te groot. Ben is onvolwasse en Robin kon dit nie meer hanteer nie,” verklap die bron.

FOTO: Twitter  @LoneSurvivorUSA

FOTO: Twitter @LoneSurvivorUSA

Hul loopbane het ook nie gehelp nie. Robin het House of Cards in Baltimore geskiet en het haar ekstra tyd met haar en eksman Sean Penn se kinders, Dylan (23) en Hopper (21), in Los Angeles deurgebring.

Ben was in Londen, waar hy vir die verhoogproduksie A Streetcar Named Desire repeteer het.

Dié paartjie gaan sedert 2012 uit en het in Januarie verloof geraak.

Lees ook