FOTO: Instagram /@roelinedaneel

FOTO: Instagram /@roelinedaneel

Het jy gehoor?

Aktrise Roeline Daneel trou dié naweek

Vir weke het ons haar in die gewilde kykNET-reeks Die Boekklub gesien. En nou staan die aktrise Roeline Daneel op trou!

Roeline en haar verloofde, Werner Lotz, gaan die naweek ewige trou aan mekaar beloof op ’n vrugteplaas net buite Tulbagh. Die paartjie het in 2013 ontmoet.

“Werner was ’n argitek by dieselfde firma as ’n goeie vriendin van my,” vertel Roeline aan SARIE.com.

Werner en Roeline


Die gelukkige paartjie
FOTO: Instagram /@Roelinedaneel

‘n Ander vriendin het toe besef dat dié kunstenaar en argitek ’n perfekte paartjie sou maak. En toe vir hulle van mekaar vertel.

“Ons het bewus geword van mekaar en ná wedersydse Facebook-stalking en ’n paar gemeenskaplike kuiers – ’n uitstappie na die Baxter-teater, ’n bingo-aand en ’n Sondagmiddagete – het Werner my op ’n behoorlike date gevra!”

Kort ná die afspraak het Roeline vir drie weke saam met haar ma, aktrise Elsabé Daneel, oorsee gegaan. Maar voor sy op die vliegtuig geklim het, het Werner haar by die lughawe kom afsien.

“Ons albei het net geweet hier’s ’n goeie ding tussen ons.”

FOTO: Instagram /@roelinedaneel


Roeline en haar ma, Elsabé Daneel
FOTO: Instagram /@roelinedaneel

Terug van vakansie het Roeline en Werner begin uitgaan.

En op 26 September 2015 het hy haar met ’n ring verras. Die ring is spesiaal ontwerp deur haar pa, John, se familie-onderneming, Daneel Diamond Manufacturers, op Stellenbosch ontwerp.

“Werner het maande lank gekonkel met my pa en my broer Xander. My pa het in Augustus ’n beroerte gehad en dis veral vir my bitter spesiaal dat hy nog self die steen uitgekies het. Xander het toe die finale versorging gedoen.”

FOTO: Instagram / @Roelinedaneel

FOTO: Instagram / @Roelinedaneel

Roeline en Werner verloofde

FOTO: Instagram / @roelinedaneel

Met gaste wat van sover as Nieu-Seeland, Oostenryk en Engeland kom, is Roeline en Werner opgewonde om Meneer en Mevrou Lotz te word.

Hou SARIE.com ekslusief dop vir Roeline en Werner se amptelike troufoto’s.

20160429_VGB Tag

Lees nou

Elsabé Daneel se aktrise-dogter ‘n ‘nerd’ met woema!

Sakemagnaat Elon Musk se ma (68) model!

Jong Barack en Michelle op silwerskerm