k31c9db4_6
Het jy gehoor?

Sanger van bekende Afrikaanse musiekgroep bring musiekteaterstuk op planke

Afgesien van sy sang- en teaterwerk is hy ook TV-aanbieder op Kollig en het hy onlangs die verfilming van Roepman (Jan van Tonder se boek) voltooi.

Rock ‘n Roll en Rolbal is ‘n solo-kabaretstuk wat hy musiekteater noem.

“Ek haat die woord kabaret – dit klink só pretensieus en aangeplak, maar ek reken dit is maar net die bewys dat ek as ‘n Vrystaatse boerseun (soos baie ander) my eie vooropgestelde idees het van wat kuns is.”

Rock ‘n Roll en Rolbal daag jou uit om onder die oppervlak te kyk. ‘n Mens kom dit reeds agter met die plakkaat waar ‘n paar skinny jeans en vuil, Trompie-is-dood-tekkies die oog vang tussen spierwit rolbalskoene en amper-gepasteuriseerde wit broeke.

Vertel ons meer van die stuk?

”Aanvanklik is dit lig en vermaaklik met parallelle tussen die plaaslewe en Facebook, tussen ‘n klein dorpie en die ‘mob mentality’ van koshuisbrakke op universiteit, maar later word jy meegesleur deur gewone probleme van gewone mense as jy besef elke huis het sy kruis.”

Met verandering as die enigste konstante en die onmisbare feit dat dit deel is van ons samelewing, is die onderliggende boodskap van Opperman se stuk.

“Die liedjies is sterk, melodieus en die lirieke is belangrik.” In die stuk is hy ‘n musikant wat gereed maak vir ‘n konsert. Bonginkosi “Bongi” Mthombeni (van Idols-faam) speel die klavier en Marie-Louise Pretorius, die tjello. Alle musiek is deur Opperman self geskryf.

Waar het die idee vir Rock ‘n Roll en Rolbal vandaan gekom?

“Ek het die hele show geskryf nadat ‘n vriend vir my ‘n brief uit die tronk geskryf het. Ek het nog nooit só ‘n eerlike ontbloting van enigiemand gelees nie en ek het gevoel ek moet dadelik myself ‘dokumenteer’ om later te kan terugkyk en te verstaan wie ek was. Die stuk is gestroop van pretensie. Dis eerlik. Dit is iemand wat stories vertel en liedjies sing oor dinge wat saak maak. Oor jou en oor my en oor mense wat ons ken…”

Die fliek Roepman sal kort na die KKNK uitgereik word.