FOTO Gallo Images/Getty Images

FOTO Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Roerende oomblik tussen prins Harry en siek seuntjie

Prins Harry het nes sy ontslape ma, prinses Diana, ’n groot hart vir kinders. Hy oortree dikwels die koninklike protokol en deel drukkies uit, veral vir kinders.  

Maandagaand het hy een seuntjie se dag gemaak toe hy juis dit doen. Die prins was by die WellChild-toekennings in Londen, waar kinders met ernstige en seldsame siektes vereer is.

Die vyfjarige Ollie Carroll het die skaars Batten se siekte, wat verhoed dat hy op sy eie kan staan en loop. Prins Harry het by Ollie gekniel en met hom grappies gemaak. Die seuntjie het sukkel-sukkel van sy ma se skoot afgeklim, terwyl sy hom vasgehou het, en na prins Harry se oop arms toe beweeg. Sonder om te huiwer het hy die seuntjie ’n drukkie gegee.

Kyk die roerende oomblik hier:

Prins Harry het ook oulike oomblikke met die ander kinders gedeel.

Prins Harry en sy ouboet, prins William, het al verskeie kere gesê dat hul ma se goedheid en liefde vir ander hulle elke dag inspireer.

Bronne: Huffington Post, International Business Times

Lees nou

5 kleure perfek vir blondines

Prinses Charlotte lyk nés haar oumagrootjie

Kurt Darren en Gavin Edward se babaseuns is gebore!