rff_h_0008_c_roger_federer_foundation
Het jy gehoor?

Roger Federer help SA kinders

Sonder kameraflitse en ‘n glans-affêre het dié Roger SA toe gekom en Dinsdag by die twee speelgroepe in Limpopo gekuier en tyd saam met die READ-kinders deurgebring. Die geleentheid is ondersteun deur die Roger Federer Stigting en die READ Educational Trust.

READ is reeds in 1979 gestig en dié organisasie bevorder geletterdheid onder kinders. Die Roger Federer Stigting ondersteun READ sedert 2010, en help om kinders te leer lees, skryf en wiskunde doen. Selfs vóór hulle skool toe gaan.

Die Limpopo-projek sluit in:

  • Om 40 dagsorg-sentrums en 15 Graad R-klasse op te rig en die ondersteun.
  • Om infrastruktuur, praktiese speletjies en materiaal te verskaf
  • Om spesialis-opleiding vir onderwysers te gee
  • Om gereeld die ouers te betrek

Roger Federer kuier by READ

Roger Federer kuier by READ

Roger Federer kuier by READ