Mister Consistency – dis wat Roland se vriende hom noem. Hy staan hier by twee werke van beeldhouer Anton Smit FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Roland Schoeman gesels oor ‘die zone‘ en sy gunsteling-rugbyspan

Op 33 is die SA Olimpiese ster Roland Schoeman nog lank nie klaar geswem nie. Hy’s verslaaf aan die energie – en hy sál jou verkeerd bewys as jy dink hy’s te oud!

Op 33 stof hy steeds die jonges uit. Roland Schoeman. Wêreldrekordhouer. Olimpiese swem-ster. Soveel swemmers het al gekom en gegaan sedert hy sy Olimpiese debuut in die 50 m-vryslag by die Olimpiese Spele in Sydney in 2000 gemaak het. Maar Roland presteer. Jaar in en uit …

Bertha le Roux Julie 2014 jul july

SARIE gesels met Roland oor sy Olimpiese drome én wat hy in meisie soek in ons Julie-uitgawe – nóú op die rak!

 

 

 

In dié SARIE TV-onderhoud gesels Roland met ons oor sy tuisbasis in Arizona, wat presies in sy kop aangaan as hy so vinnig deur die swembad swem (sy geheim is die zone) én hy verklap wie sy gunsteling-rugbyspan is …

Dié onderhoud is geskiet by die Menlyn Boutique Hotel, tel: 083 276 3902; www.menlynhotel.com