Het jy gehoor?

FOTO’S: Rolanda Marais is ’n ‘High Roller’

Die gewilde aktrise Rolanda Marais is terug as die verleidelike en emosionele Analine King in die derde seisoen van High Rollers op SABC 3.

Rolanda speel die rol van ʼn voltydse ma van drie, die vrou van ’n casino-baas en ’n funksionerende alkoholis. Sy is vasgevang in ʼn ongelukkige huwelik en haar romantiese wese begin twyfel oor ware liefde.

High Rollers is ʼn telenovela wat van Maandae tot Woensdae om 19:30 op SABC 3 te sien is.

Dit is by Emperors Palace geskiet en plaas die glans én rugstekery wat met die wêreld van dobbel gepaardgaan onder die vergrootglas.

FOTO: Instagram/ @rolandamarais

FOTO: Instagram/ @rolandamarais

FOTO: Instagram/ @rolandamarais