FOTO SARIE

FOTO SARIE

Het jy gehoor?

Rolanda Marais oor donker karakters en die kollig

Die aktrise Rolanda Marais gesels met Delia du Toit oor hoekom sy donker rolle verkies en waarom sy nie regtig op sosiale meida is nie.

Jy speel dikwels donker karakters en in donker reekse. Hoekom trek dié rolle jou aan?

Ek het self maar ’n donker kant, ’n malligheid aan my. En ek dink regisseurs sien dit raak en hou daarvan om dit vir my te gee – hulle weet I’ll bring it! Ek is ook in ’n stadium in my loopbaan waar ek nie meer bang is nie. Ek sal byna enigiets probeer as ek die regisseur vertrou, en dis hoekom mense soos Christiaan Olwagen, regisseur van die verhoogstukke Die Seemeeu en Dogma, en my verloofde, Jozua Malherbe, regisseur van die kykNET-dramareeks Bloedbroers, wat in Oktober begin wys, my al gehelp het om nuwe hoogtes te bereik. In Bloedbroers speel ek die rol van ’n slim, passievolle feminis. Jozua het gesê hy kon my in die rol sien toe hy die teks lees.

Hoe ervaar jy dit om as vrou in SA in die kollig te wees?
Ek lees nie mense se kommentaar oor my nie, en vermy sosiale media. Jy moet jouself beskerm, want nes daar wonderlike mense is wat ander hul sukses gun, is daar ook venyniges – iemand het al ’n profiel op Facebook geskep net om my sleg te sê!

Maar die wonderlike ding van Suid-Afrika is ook dat daar soveel vroue met gravitas in die kollig is. Dit laat jou voel enigiets is moontlik. Ons hoef vir niemand terug te staan nie.

Lees ook