Foto geneem deur Yolanda van der Stoep

Foto geneem deur Yolanda van der Stoep

Het jy gehoor?

Rolene Strauss besoek SA én gooi ’n ogie oor haar projek

China, Indië en Australië is slegs ’n paar van die lande wat ons Mej. Wêreld 2014 die laaste paar maande besoek het. En nou is Rolene Strauss tuis, alhoewel net vir ’n beperkte tyd. Die beeldskone brunette is hier om ’n ogie oor haar bemagtigingsprojek te gooi. 

Dié projek vorm deel van Rolene se globale Beauty with a Purpose-veldtog, wat met die Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie geassosieer word. Dit is in 1972 gestig en het oor die jare miljoene rande vir behoeftiges ingesamel.

Sy het gaan inloer by haar groentetuin-projek by die Leeuwkop Korrektiewe Sentrum naby Bryanston, wat sy as Mej. SA begin het. Gevangenes werk in die tuin as deel van hul rehabilitasie, en die groente voed minder bevoorregte leerders van ’n omliggende skool.

Rolene is trots op dié projek: “Ek is verskriklik bly om te sien hoe goed die projek doen en watter groot verskil dit in mense se lewe maak.

“Gesondheid, gehalte-opvoeding en energie om jou drome te bewaarheid is afhanklik van ’n goeie, gebalanseerde dieet,” het die voormalige mediese student bygevoeg.

Sy het ook die Mej. SA-kompetisie op Sondag, 29 Maart, in ’n Anel Botha-pragskepping bygewoon.

FOTO: Facebook  Rolene Strauss

FOTO: Facebook Rolene Strauss

Lees ook