FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Koetsdrywer Piet deel saam met Rolene in haar groot dag

Piet Lourens moes sy oë twee keer knip om net seker maak dis nie ’n droom nie. Hy het geweet Rolene Strauss is beeldskoon, maar toe sy in haar Casper Bosman-trourok voor hom verskyn, het hy steeds na sy asem gesnak.

Piet het op 6 Februarie vir Rolene en haar pa, Hennie, met sy perdekoets na die kansel op Lourensford-plaas in Somerset-Wes geneem.

“Die eerste ding wat Piet vir my gesê het was: “O, sy is vreeslik mooi, sy is vreeslik mooi, sy is vreeslik mooi.” Dit het vir hom gevoel of hy ’n prinses moes rondry,” het Belia Lourens, Piet se vrou, aan SARIE.com vertel.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Piet, wat saam met sy vrou in Porterville woon, was ongelukkig op die pad en kon nie self met SARIE.com praat nie.

“Dit was maar moeilik om dit ’n geheim te hou, hoor! Ons het gebrand om vir mense te vertel. Lourensford-plaas het vir Piet gebel om te hoor of hy vir Rolene op haar troudag met sy koets kan rondry. Hy het nie eers een oomblik gehuiwer nie.”

Ongelukkig kon Piet nie saam met Rolene ’n foto neem nie.

“Maar hy sê sy is vreeslik vriendelik, vreeslik mooi en vreeslik opreg!”

Volgens Belia het hy ekstra versigtig met Rolene gery.

“Hy hanteer elke bruid dieselfde. Hul veiligheid is vir hom vreeslik belangrik. Maar met Rolene het hy geweet dat hy nie sommer strooi moet aanvang nie.”

Maar gelukkig vir Rolene het Piet sedert hy ses jaar oud was al perde gespan.

FOTO: Verskaf

Piet saam met sy twee perde. FOTO: Verskaf

Besoek Rolene se webtuiste vir die amptelike foto’s.

Lees nou