FOTO: Instagram  rolenestrauss

FOTO: Instagram rolenestrauss

Het jy gehoor?

Rolene Strauss se troudag

Rolene Strauss het foto’s van haar troue met die sakeman D’Niel Strauss op haar webtuiste geplaas. 

Rolene het Casper Bosman-skeppings vir haar groot dag gekies. Die troue, deur The Aleit Group, het gister op Lourensford-plaas, versteek tussen die Hottentots-Holland-berge op Somerset-Wes plaasgevind.

Kyk na die foto’s op haar webtuiste – klik hier

Sy het hierdie foto op haar Facebook-blad gedeel.

Rolene het tydens ’n Desember-vakansie vir D’Niel op Hartenbos ontmoet en gister, vier jaar later, het hulle mnr. en mev. Strauss geword.

Die paartjie het verlede jaar verloof geraak. Rolene het haar pragtige ring op sosiale media gewys.

As Mej. Suid-Afrika is sy nie toegelaat om ‘n openbare verhouding te hê nie, daarom het min mense geweet dat sy en D’Niel ’n ernstige verhouding het.

Sy het onlangs op die kykNET-geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika vertel hoe gelukkig sy is om D’Niel, ’n sakeman, in haar lewe te hê.

“Ek is die gelukkige een. Ek is die gelukkige meisie,” het Rolene, wat haar mediese studies hervat het, opgewonde gesê.

Die laaste paar weke het die paartjie se troubeplanner, The Aleit Group, gereeld inskrywings met die hutsmerk #MissWorldsWedding op Facebook geplaas.

Selfs Rolene het haar opgewondenheid op sosiale media gedeel

En die ontwerper Casper Bosman het ’n foto saam met Rolene en haar ma, Theresa, gedeel.

Always love having these 2 beauties at the studio! #casperbosman #insidetheatelier #weddingvibes #motherdaughtermoments A photo posted by Casper Bosman-Crous (@casperdesigner) on

Kyk na die foto’s van hul groot dag op Rolene se persoonlike webtuise.

 Lees nou