FOTO: Instagram / @rolenestrauss

FOTO: Instagram / @rolenestrauss

Het jy gehoor?

Rolene Strauss trou vandag!

Vandag op die pragtige Lourensford-plaas, versteek tussen die Hottentots-Holland-berge op Somerset-Wes, gaan die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss, haar liefde aan die sakeman D’Niel Strauss beloof.

Rolene het tydens ’n Desember-vakansie vir D’Niel op Hartenbos ontmoet en vandag, vier jaar later, is hulle gereed om mnr. en mev. Strauss te word.

Die paartjie het verlede jaar verloof geraak. Rolene het haar pragtige ring op sosiale media gewys.

As Mej. Suid-Afrika is sy nie toegelaat om ‘n openbare verhouding te hê nie, daarom het min mense geweet dat sy en D’Niel ’n ernstige verhouding het.

Sy het onlangs op die kykNET-geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika vertel hoe gelukkig sy is om D’Niel, ’n sakeman, in haar lewe te hê. “Ek is die gelukkige een. Ek is die gelukkige meisie,” het Rolene, wat haar mediese studies hervat het, opgewonde gesê.

 

Vir baie Suid-Afrikaners is die Strauss-troue byna so groot soos die van prins Charles en prinses Diana. Almal is nuuskierig om te sien hoe Rolene in haar Casper Bosman-trourok gaan lyk.

Die laaste paar weke het die paartjie se troubeplanner, The Aleit Group, gereeld inskrywings met die hutsmerk ‘Miss World Wedding’ op Facebook geplaas.

Selfs Rolene het haar opgewondenheid op sosiale media gedeel

En die ontwerper Casper Bosman het ’n foto saam met Rolene en haar ma, Theresa, gedeel.

Always love having these 2 beauties at the studio! #casperbosman #insidetheatelier #weddingvibes #motherdaughtermoments

A photo posted by Casper Bosman-Crous (@casperdesigner) on

Rolene se persoonlike webtuise het ’n skakel vir haar troue.

 Lees nou