Het jy gehoor?

Romanz saam met Josh Groban by Charlene se koninklike troue?

Haar foto’s het die naweek in talle plaaslike koerante verskyn. Sy was in SA om die Midmar-myl te swem ten bate van die Spesiale Olimpiese Spele.

In die Sondagkoerant Rapport het Charlene verklap dat daar wel twee bruilof-verrassings wag op Suid-Afrikaners. Nou wonder ’n mens of dit die ontwerper van die trourok of die gaskunstenaars by die troue gaan wees…

Volgens Simon Rademan, bekende mode-ontwerper van Pretoria, is dié twee verrassings dat daar ‘n bekende groep SA sangers by die gesogte troue gaan sing en dat haar blomme ons nasionale blom, die protea, gaan wees.

Dit is alom bekend dat sy en Jason Hartman, die 2009 Idols-wenner, goeie vriende is, maar hy en sy bestuur wil nie ’n woord rep oor die moontlikheid dat hy by dié spesiale geleentheid gaan optree nie.

Ons het by ’n baie betroubare bron gehoor dat dit Romanz is wat gaan optree, en dat hulle boonop saam met Josh Groban gaan sing.

Charlene het verlede week aan Huisgenoot vertel dat sy baie spyt is dat sy die troue van Romanz se Louis Loock misgeloop het, maar dat sy sal probeer om wel hier te wees wanneer Adam Barnard, ‘n ander lid van die groep, die jawoord gee.

By navrae was Burgerd Botha, een van die lede van Romanz, verbaas om te hoor dat SARIE hom daaroor pols, maar hy kon niks bevestig nie. Select Music, Romanz se platemaatskappy, wou geen kommentaar lewer nie.

Oor die ontwerp van die trourok het ons twee gerugte gehoor. Die een is dat Spero Villioti die gelukkige ontwerper gaan wees, maar ’n werknemer het bloot gesê dat sy nog nie iets mag sê nie. Dit is egter pas (Dinsdag 15 Feb) aangekondig dat Armani wel die trourok gaan ontwerp.

Die ander moontlike ontwerper, Terrence Bray, se agent, John Bleach, het herhaal wat Charlene aan Derek Watts van Carte Blanche vertel het: Giorgio Armani ontwerp een van haar groot rokke vir die jaar, maar sy gaan nie sê of dit hy of enigiemand anders is wat die trourok ontwerp nie. Verder wou hy nie uitwei nie.

Simon Rademan sê hy sal verbaas wees as dit wel ‘n Suid-Afrikaner is, want hy reken sy gaan een van haar gereelde “meesters” gebruik: “Ek sal nie verbaas wees as dit Mnr. Valentino self is nie!” het hy gesê.

Ek sal in die wolke wees indien dit tóg ‘n Suid-Afrikaner is, want dit beteken wêreldwye blootstelling in ‘n kwessie van sekondes.”

Ons stem saam met Simon dat dit fantasties sal wees om ’n Suid-Afrikaanse stempel op Charlene en haar prins se troue te sien. Maar alles is in dié stadium spekulasie…

Hou sarie.com dop, ons hou jou op hoogte!

  • FREDA CLOETE

    BAIE GELUK AAN DIE KONINKLIKE EGPAAR – EK SIEN SY GAAN DIT EG AFRIKAANS LAAT GESKIED IN MONACO – HOE DAN ANDERS SY WAS DAN N SPRINGBOKKIE !!!!

  • Hyla

    Charlene het juis oor die naweek (mt die midmar swem-storie) gese dat SAfrikaners/pers en fotograwe haar respekteer – ek hoop hulle doen dit!Hopelik lap die wat weet nie al haar ‘geheime’ uit nie. Sal wonderlik wees as haar rok deur n SAfrikaner ontwerp word en as Jason en Romanz daar optree gaan dit die kersie op die koek plaas. Mens kan hulle net n gelukkige toekoms saam wens…. sy is n pragtige, plat op die aarde mens….

  • frsssasxpx

    zDGPRg uddmrhxpkxhp, [url=http://nzmncgpvzzho.com/]nzmncgpvzzho[/url], [link=http://swdcacbxognh.com/]swdcacbxognh[/link], http://kenbaxgszoss.com/