Die manne van Romanz
FOTO: verskaf

Die manne van Romanz FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Romanz-manne praat eerste keer ná hulle opgebreek het

SARIE.com het vandag eksklusief berig dat Suid-Afrika se gewilde Afrikaanse manskwartet Romanz vanaand hul laaste konsertuitvoering doen.

Die groep, wat nie meer saam sal sing nie, se vier lede gesels dié week met SARIE.com oor wat die toekoms vir elkeen inhou. Van ’n solo-loopbaan tot gesinslewe – hier is wat Romanz se André Venter en Adam Barnard vir die toekoms beplan.

Lees meer oor Romanz se uittrede

Romanz se Adam Barnard en André Venter FOTO: Twitter

Romanz se Adam Barnard (links) en André Venter
FOTO: Twitter

Wat was vir jou die hoogtepunt saam met Romanz?

André: In 2009 het ons die volkslied gesing toe die Springbokke teen die All Blacks rugby gespeel het. Dit was die ultimate! En natuurlik die strate van Monaco toe ons daar was! Ek is ’n Formule 1-fanatic. (Lees HIER oor hul besoek aan Monaco.)

Adam: Daar was ongelooflike hoogtepunte, maar prinses Charlene van Monaco se troue staan uit bo die ander!

Watter oomblik in die groep sal jy altyd onthou?

André: Ons eerste optrede by Skouspel. Die dag toe ons die volkslied gesing het. En daardie oomblik net voordat ons op die verhoog geklim het in Monaco – ons was baie nervous, maar spanwerk het ons deurgetrek!

Adam: Elke keer as ons geestelike musiek gesing het en die Heilige Gees ons oorweldig het op die verhoog … ek kon dit altyd in die ander ouens se oë sien.

Waarna sien jy die meeste uit ná Romanz?

André Venter FOTO: Twitter

André Venter
FOTO: Twitter

André: Nuwe uitdagings, gesinstyd en om die gehalte-dinge in die lewe te waardeer.

Adam: Om vir die Here te kan werk. Ek is nie heilig of ’n prediker nie, maar die vervulling wat dit jou gee, kan met niks vergelyk word nie.

Wat beplan jy nou vir die toekoms?

André: Ek gaan meer tyd aan my sakebelange spandeer, iets wat weer ’n nuwe dimensie en leerskool vir my is. As gesin wil ons lekker dinge doen; om my kinders te kan ondersteun met alles wat hulle aanpak.

Ek vat ’n blaaskansie van die verhoog. As ek te hard in die huis begin sing, is dit tyd om weer agter ’n mikrofoon in te spring! Maar vir eers rus my stembande …

Adam: Ek bring in April my eie geestelike solo-album uit. Ruk my tot stilstand is reeds in produksie en ek kan nie wag totdat dit klaar is nie.

Adam Barnard se solo-album met geestelike musiek, 'Ruk my tot stilstand' word in April uitgereik FOTO: verskaf

Adam Barnard se solo-album met geestelike musiek, Ruk my tot stilstand, word in April uitgereik.
FOTO: verskaf

Watter uitdagings wag daar nou op jou?

André: Ek dink dit is belangrik om jouself op alle vlakke konstant uit te daag; ek vat elke dag soos dit kom en maak die beste daarvan.

Adam: Om ewe skielik alleen op die verhoog te staan, maak nie saak hoe opgewonde ek is oor my solo-loopbaan nie. Ek gaan my Romanz-broers baie mis, veral op toer! Ons het altyd baie pret gehad!

Hoe gaan jy die toekoms aandurf?

André: Altyd met ’n positiewe gesindheid en harde werk.

Adam: Ek gaan fokus op dit waarvoor die Here my nou geroep het. 100% van my lewe behoort in elk geval aan Hom. Hy is aan die stuur. Ek moet net die pad loop!

Wat het jou tyd by Romanz jou geleer?

André: Ek het nuwe dimensies van myself ontdek, die wêreld, die musiekbedryf en ongelooflik baie vriende gemaak waarvoor ek baie dankbaar is.

Adam: Niks is onmoontlik nie – droom GROOT! As dit jou nie bang maak nie, droom jy te klein!