Het jy gehoor?

Romeo Beckham wéér in ‘n Burberry-veldtog

David en Victoria se middelkind, Romeo (12), het weer die mode-kollig gesteel – dié keer met ‘n tweede veldtog vir die Britse modehuis Burberry. Só berig The Evening Standard. Sy eerste advertensie veldtog vir Burberry het sy amptelike intrede tot die mode-wêreld aangekondig.

hbz-burberry-article-92016519-sm

FOTO: Burberry

“From London with Love”, ‘n 4-minuut-korfilm met 50 dansers, maak deel uit van dié luukse handelsmerk se Kersfees-veldtog. Christopher Bailey, Burberry se kreatiewe baasbrein en hoof uitvoerende beampte, noem dit ‘n “fees van alles waarvan Burberry hou”: Jasse, kasjmier-serpe, ongelooflike musiek, die Britse klimaat en talentvolle mense.

The Way That I Live, die Ed Harcourt-liedjie wat in die film gebruik word, is nou beskikbaar vir vooraf-bestelling op iTunes.

Sien die volledige reeks hier 

Ma Victoria in SA vir ‘n goeie doel

Victoria Beckham het vir 3 dae by die HIVSA-organisie se ‘Inspiring Positive Change’-veldtog in Soweto aangesluit om met jong vroue oor die uitdagings in hul lewens te gesels. Dié projek het kragte saamgespan met CHOMA, ‘n nuwe interaktiewe aanlyn-tydskrif, en die Elton John AIDS Foundation om positiewe verandering in die lewens van jong vroue te weeg te bring en hulle te inspireer om hul drome te volg.

Tydens haar besoek het sy saam met die jong vroue help verf aan ‘n graffiti-muur vir dié organisasie.

Anne Aslett, direkteur van die Elton John AIDS Foundation, wat saam met Victoria na SA gereis het, het gesê Victoria se energie is aansteeklik. “Dit was fantasties om te sien hoe sy met dié jong vroue gesels het, en sy’t baie by elkeen van hulle geleer. Haar toewyding is ongelooflik,” vertel Aslett.

Vir meer inligting oor HIVSA kontak 011 494 1900 of besoek www.hivsa.com. Besoek ook Choma.mobi of @Chomamag op Twitter.

Unknown-1