FOTO: Instagram @stormuechtritz

FOTO: Instagram @stormuechtritz

Het jy gehoor?

Ronan Keating soek tema-troue

Die Boyzone-sanger Ronan Keating het aan Hello! vertel dat hy graag ’n troue met ’n tema wil hê.

Die 37-jarige sanger en sy meisie, Storm Uechtritz, is nog nie verloof nie, maar praat al trouplanne.

En vir Ronan sal die perfekte troue een met ’n Game of Thrones-tema wees.

game of thrones

Die Britse paartjie Darren Prew (37) en Kerry Ford (33) het ‘n Game of Thrones-tema troue gehad FOTO: Blinkbox via BuzzFeed

Ronan en Storm het op die stel van die Australiese X Factor ontmoet, waarop Ronan ’n beoordelaar en Storm ’n vervaardiger is.

Dit sal Ronan se tweede troue wees. Hy is in 2012 van sy eerste vrou, Yvonne Connolly, geskei. Ronan het 3 kinders uit dié huwelik, Jack (15), Missy (13), en 9-jarige Ali.

Bron: Contactmusic