FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Rooi, blou, groen, geel – Kate lyk pragtig in dié helder kleure

Kate lyk – soos gewoonlik – pragtig tydens haar en prins William se koninklike toer na Australië en Nieu-Seeland. En dié keer doen sy dit in helder kleure.

Rooi

Prins William se vrou het al twee keer rooi uitrustings gedra. Dié helder kleur komplementeer haar donkerbruin hare perfek. Sy het albei uitrustings met swart bykomstighede afgerond.

Só speel Kate krieket – in haar hakskoene!

Ligblou

Sy het koninklik-stylvol gelyk in dié blou baadjie met ’n toegeknoopte kraag. Die gesofistikeerde poniestert waarin sy haar hare gedra het, pas mooi by die baadjie wat tot teen haar nek kom.

Turkoois

Kate se uitrustings word gewoonlik om haar middel ingeneem sodat dit haar skraal figuur kan beklemtoon. Sy doen dit weer met dié geplooide turkoois baadjie.


Kyk wie het turkoois gedra by die Ghoemas

Koninklike blou

Die prinses se ligte vel pas pragtig by koninklike blou. Selfs met min juwele en haar hare effens na agter gesteek, steel Kate almal se aandag.

Smaraggroen

Dié kleur trek dadelik jou aandag en met die groot, silwer ritssluier benodig Kate geen bykomstighede nie.

 

Kry só Kate se elegante haarstyl

En kyk hoe oulik is klein prins George!

George het vroeër die week by ’n speelgroep gaan kuier. Hier is nóg foto’s van dié geleentheid.