Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Het jy gehoor?

Rooi fluweel-roomkaas-roomys

Goeie roomys word met tuisgemaakte vla gemaak. Deesdae kan jy vla by die
meeste supermarkte koop en dit werk goed vir roomys maak. Vir dié roomys
het jy nie ’n masjien nodig nie.
10 – 12 porsies

• 500 ml vla van goeie gehalte
• 250 ml roomkaas
• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
• 30 ml kakaopoeier

Gooi al die bestanddele in ’n elektriese menger en klits op hoë spoed tot glad.
Gooi mengsel in vriesbestande bak en sit in vrieskas vir sowat 30 minute.Haal
uit en klits met draadklitser tot ’n gladde mengsel. Sit terug in vrieskas en klits
dan elke 20 minute liggies tot mengsel heeltemal bevrore, maar nog sag, is.
Smeer plat en laat vries tot heeltemal gestol. Skep balle roomys en sit voor.