Diane Kruger en haar kêrel,  Joshua Jackson 

FOTO Gallo Images / Getty Images

Diane Kruger en haar kêrel, Joshua Jackson FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

ROOITAPYT-MODE: Die 10 mooiste rokke by die Golden Globes

Die toekenningseisoen het afgeskop en dit beteken net een ding: rooitapyt-modes!

Hier is ons modespan se keuse vir die 10 mooiste rokke by die 72ste Golden Globes wat gister in Los Angeles plaasgevind het.

Wit, metaalkleure en detail het vanjaar geseëvier.

Kate Hudson

En kyk net die detail op die rug!

  A photo posted by Kate Hudson (@katehudson) on

Reese Witherspoon

Reese is benoem vir haar rol in Wild – en al het sy nie gisteraand met die toekenning vir Beste Aktrise weggestap nie, glo kenners sy staan dalk steeds ’n kans vir die Oscar. Dié Calvin Klein-skepping volg een van die groot trends: die metaalkleurige voorkoms. Dit het blykbaar meer as 80 uur geneem om die rok te maak!

Time for the big reveal! This @CalvinKlein metallic number took over 80 hrs to make….So special!! Wish me luck!!! Xo #GoldenGlobes A photo posted by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

 

Anna Kendrick

Die Pitch Perfect-ster het gaan aanklop by die ontwerper Monique Lhuillier. En dié rok is in ware Lhuillier-styl: sag en elegant.

FOTO: Twitter  @goldenglobes

FOTO: Twitter @goldenglobes

Diane Kruger

Ou Hollywood-sjarme. Diane se Emilia Wickstead-skepping het die aandag gesteel.

Diane Kruger en haar kêrel,  Joshua Jackson  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Diane Kruger en haar kêrel, Joshua Jackson
FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

Kate Beckinsale

Kate het geskitter in ’n Elie Saab-skepping!

Kate Beckinsale at the 2015 #goldenglobes (Photo by @ellenvonunwerth) Фото опубликовано Golden Globes (@goldenglobes)

Julianne Moore

Julianne se Givenchy Haute Couture-rok is metaalkleurig én ombré! Klik HIER vir ’n vollengte foto van haar rok.

Julianne Moore — Best Actress in a Motion Picture, Drama #goldenglobes (Photo by @ellenvonunwerth)   A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

Julianne Moore and Bart Freundlich #GoldenGlobes #RedCarpet A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

Allison Williams

Die Girls-aktrise Allison Williams is bekend vir haar styl. Alhoewel dié rok nie in almal se smaak val nie, is die krale-detail op haar Armani Privé-skepping iets spesiaal.

Allison Williams on the #GoldenGlobes #RedCarpet   A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

A photo posted by People Magazine (@peoplemag) on

Emily Blunt

Die Britse aktrise Emily Blunt het ook wit gekies vir die Golden Globes met dié Michael Kors-uitsnyrok.

Sienna Miller

Sienna het weer haar boheemse styl gewys in dié Miu Miu-rok met pragtige detail.

Helen Mirren

Die 69-jarige aktrise het pragtig gelyk in haar rooi Dolce & Gabbana-rok. En let op haar borsspeld – dié pen wys haar ondersteuning vir die slagoffers van die Charlie Hebdo-tragedie verlede week in Parys.

Helen Mirren is red hot at the #GoldenGlobes! | photo by @douglasfriedman #thefacinator A photo posted by instylemagazine (@instylemagazine) on

Red hot. #helenmirren fantastic #goldenglobes #eredcarpet A photo posted by marcmalkin (@marcmalkin) on

Loer later vandag op SARIE.com vir die wat-het-hulle-gedink-rokke.

Lees ook