FOTO Instagram / @rosiehw

FOTO Instagram / @rosiehw

Het jy gehoor?

Is Rosie Huntington-Whiteley swanger?

Is die Britse model Rosie Huntington-Whiteley swanger? Dís die vraag op aanhangers se lippe nadat sy ’n foto van haarself op Instagram gedeel het.

Op die foto, wat sy vroeg in die nuwe jaar gedeel het, lyk dit of sy ’n bababoep subtiel wegsteek. En dis nie al nie. Langs die foto het sy geskryf dat 2017 opwindende vooruitsigte inhou. Van haar aanhangers het toe snuf in die neus gekry en gevra of sy swanger is, maar Rosie het nie gereageer nie.

Here’s to fresh starts and exciting prospects for the new year. Wishing everyone a happy and healthy 2017..

A photo posted by Rosie Huntington-Whiteley (@rosiehw) on

Haar aanhangers se reaksie op dié foto:

SKERMGREEP Instagram / @rosiehw

SKERMGREEP Instagram / @rosiehw

Volgens US Weekly is daar nog steelfoto’s wat aanhangers laat wonder het. Sy het egter nog niks bevestig nie, maar ook niks ontken nie. Klik hier vir die foto’s.

Verlede jaar het Rosie en die Britse akteur Jason Statham stil-stil verloof geraak. Die Engelse roos en haar aksiester is al sedert 2010 ’n paartjie.

Lees nou

’n Nuwe (blonde) era vir Katy Perry

5 nuusstories vir vandag, 7 Februarie 2017

Melktert: 3 lekkerste resepte