Het jy gehoor?

Roxette kom kuier in Suid-Afrika!

Marie Fredriksson en Per Gessle keer terug na die kalklig ná ‘n afwesigheid van 10 jaar en besoek Kaapstad en Sun City in Mei 2011 om die konsert van die dekade te lewer!

In 2001 het dié twee met vertonings opgehou toe Fredriksson met ‘n breingewas gediagnoseer is, wat intussen suksesvol verwyder is, en hulle is nou weer reg om groot opskuddings te veroorsaak soos toe 19 van hul liedjies op die Britse top-40-lys was.

Roxette het al byna 60 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop! ‘n Nuwe album is ook in die vooruitsig vir begin 2011 en daarom sien ons ekstra uit dat hul tweede debuut ook in Suid-Afrika gevier word!

Bron: www.mio.co.za

ONS FACEBOOK-FANS SE GUNSTELING ROXETTE-LIEDJIE!

 

  • Christine

    Wanneer wanneer wanneer????? Kan nie wag nie!! Dit was darem my gunsteling groep op skool!!!

  • Petro Doman

    Ooooooooee! Ek wil definitief gaan. Daardie hare van Marie Frederiksson doen dit darem vir my … en dan sing hulle nog so mooi ook. Ek ken nou-nog hulle ou liedjies se woorde!

  • Jolandie

    OOOOOOOOOOOOOOOOOO Ek kan nie wag nie!!!!!!!!!!!!!!! Hulle kom in Mei 2011 mense, ek het gaan kyk op Computicket maar daar is nog niks van kaartjies nie!!! Ek luister hulle cd elke week in my kar, Joyride, Dress for success, It must have been love!!!!!!!!!! Ek MOET net iewers kaartjies kry!!!!!!!!!!!

  • Theresa

    You can see the group at the Grand Arena in Cape Town on 11 May and at the Sun City Superbowl on 14 and 15 May 2011.

  • tnepwS ssdwpsskmkwg, [url=http://cataeljavzgm.com/]cataeljavzgm[/url], [link=http://gcgatkeufvgp.com/]gcgatkeufvgp[/link], http://stmeybxevfdl.com/

  • Heidi

    Book julle kaartjies NOU VIR ROXETTE!!!!! VUURWARM BAND! as ek genoeg geld het sal ek na al 3 konserte gaan 🙂