FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO’S: Rugby-bok Handré Pollard oor sy meisie en sy toekoms

Hy’s een van die jongste spelers in die Springbok-rugbyspan en amptelik die beste junior ter wêreld. Tog bly Handré Pollard kalm en glo in homself – nie omdat hy dink hy’s die beste nie, maar omdat hy dit háát om te verloor …

september corne crous corné kim 7de laan

 

SARIE het in ons September-uitgawe vir die jong Handré Pollard beter leer ken. Hier is ’n kort gedeelte van sy onderhoud. Lees die volledige onderhoud met Handré in harde kopie of digitaal.

 

Het jy tyd vir ’n verhouding?

Ek máák tyd vir my vriendin, Marise Malherbe. Ons het in die Paarl ontmoet, waar sy aan die Hoër Meisieskool gematrikuleer het, en ons gaan al twee jaar uit. Sy studeer onderwys aan die Universiteit van Pretoria en is ’n 800 m-atleet. Sy is ’n nederige plaasmeisie met lewenslus. Ons sien mekaar meestal saans en party naweke. Dan gaan ons uiteet, fliek, bergklim, stap . . . baie buitelug-dinge.

Wat doen jy as jy nie rugby speel of by jou vriendin kuier nie?

Ek speel gholf, gewoonlik saam met Jono [Ross, sy Blou Bul-vriend] en die ander manne. Dis lekker ontvlugting.

Wat wil jy nog bereik?

Daar’s soveel ouens wat ’n paar toetse vir die Bokke gespeel het, ek wil 50 of meer speel. Dis al hoe jy onthou word. Natuurlik sal ek nie omgee om die eer te hê om Bok-kaptein te wees nie, maar dis nie my einddoel nie. Ek wil net elke dag ’n beter speler word.

FOTO’S: Handré en sy Marise

FOTO: Instagram  @marisemalherbe

FOTO: Instagram @marisemalherbe

FOTO: Instagram  @marisemalherbe

FOTO: Instagram @marisemalherbe

FOTO: Instagram  @marisemalherbe

FOTO: Instagram @marisemalherbe

Lees die volledige onderhoud met Handré in die September-uitgawe van SARIE. Ook in dié uitgawe: Raad om van daai maag ontslae te raak, Vasti oor 10 000km op die oop see, 7de Laan se Corné Crous, Praat meer en skei minder plus nóg hope inspirasie!

Lees ook