FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Rugbyvroue nuwe plaaslike gesigte van Mama Mio

Kate Middleton het dié lyfsorgprodukte tydens haar swangerskap gebruik en nou is Janine Habana en Michele Burger, wat hul mans gereeld langs die rugbyveld ondersteun die gesigte van Mama Mio-lyfsorgprodukte in Suid-Afrika! Kyk wie is nog gesigte van dié reeks!

janine_en_bryan_400w

 

 

 

 

 

 

 

Bryan Habana (bo) en Schalk Burger se vroue is nie die enigste bekendes in die Mama Mio-span nie – sangeres Karlien van Jaarsveld, die model Jenna Pietersen en Minki van der Westhuizen is ook gesigte van dié skoonheidsprodukte.

Gaan loer na Michele se Instagram-oomblikke!

En hoekom is dié vroue as ambassadeurs gekies? Michele (regs bo), Jenna (links onder) en Minki (regs onder) is almal jong ma’s, en Karlien (links bo) word binnekort ook ’n ma. Janine Habana het met haar werk by die Femme Fitness Exercise Centre in Kaapstad dikwels met swanger vroue en jong moeders in aanraking gekom. Daarom het Mama Mio dié groep “nuwe mammas” en swanger vroue gekies!

Lees wat het Jenna te sê oor haar en Jack Parow se dogter, Ruby

Mama Mio is in 2005 deur vier vroue in Londen begin om veilige lyfprodukte aan swanger vroue te verskaf nadat hulle self sulke produkte nodig gekry het. Hulle glo in ’n vel wat glansend, ferm en glad is. Die meeste van Mama Mio se produkte is vir swanger vroue of vroue wat hul lyf ná ’n swangerskap wil terugkry.