Rosie Huntington-Whiteley FOTO: Instagram

Rosie Huntington-Whiteley FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Rupert Murdoch en Jerry Hall is verloof

Die Golden Globes het ‘n hele paar verrassings ingehou, maar daar was twee paartjies wat veral die aandag getrek het.

Rupert Murdoch en Jerry Hall

Rupert Murdoch, uitvoerende voorsitter van News Corp en 21st Century Fox, het vanoggend sy verlowing aan die supermodel Jerry Hall aangekondig. Die aankondiging is op ouderwetse wyse in een van Rupert se Britse koerante, The Times, gedoen. Hulle is al sedert verlede jaar ’n paartjie en het oor die naweek verloof geraak.

Dit sal Rupert se vierde huwelik en Jerry se tweede wees. Sy was sedert 1977 in ’n verhouding met Mick Jagger, hoofsanger van The Rolling Stones. Hulle is in 1990 getroud, maar die huwelik is onwettig verklaar. Die paartjie is toe in 1999 uitmekaar.

Jerry en Mick het saam vier kinders: Georgia, Elizabeth, Gabriel en James.

Jason Statham en model Rosie Huntington-Whiteley 

Die aksiester Jason en sy Engelse roos is al sedert 2010 ’n paartjie. Hulle het stil-stil verloof geraak en Sondag het ’n groot diamant aan Rosie se vinger gepronk. Die wêreld het dit eers later agtergekom en sy het die verlowing bevestig, berig Daily Mail.

Embed from Getty Images

Bronne: The Times en Daily Mail

Lees ook