qqhha4g7v5vzqzhv
Het jy gehoor?

Russell Brand se nuwe meisie

Daar word op Dailymail.co.uk berig dat Russell Brand (37) en die voormalige Spice Girl Geri Halliwell (40) mekaar by vanjaar se afsluitings-seremonie van die Olimpiese Spele in Londen ‘gevind het’, en nou in ‘n verhouding is.

Hulle is bekend vir sowel hul groot persoonlikhede, as hul moeilikheid om langtermynverhoudings aan die gang te hou. Kan dit wees dat dié twee vir mekaar bedoel is? Brand het glo sy voormalige meisie, Isabella Brewster, vir Geri gelos, en hy is vroeër vanjaar van Katy Perry geskei.

Katy en Russell op die voorblad van Us Magazine

Onlangs is hulle baie saam gesien. Net laasweek is hulle by Hampton Court-paleis gewaar met Geri se dogter, Bluebell, by hulle.

‘n Bron het aan The Sun vertel dat dinge tussen hulle nogal ernstig is. “Hulle is ‘n regte paartjie nou. Hoewel hulle al baie in die verlde ontmoet het, het hulle mekaar goed leerken tydens die Spele,” het die bron vertel.

Brand was glo so halsoorkop oor Geri, hy’t glo gesê: “Ek’s verlief op Geri Halliwell, als in die wêreld is soos dit moet wees.” En ons vermoed sy voel dieselfde, hoewel ‘n bron na aan Geri die bewerings ontken het…

Lees die volledige artikel by Dailymail.co.uk