anna_ivanova_and_kirill_radev_in_don_quixote_pas_de_deux1
Het jy gehoor?

Russiese ballet in SA

As jy die room van wêreld-ballet in aksie wil sien, teken 21 Junie – 19 Julie in jou dagboek aan. Die Imperial Russian Ballet Company kom toer in SA en gaan in byna al die groot stede optree. Hierdie balletgeselskap bekoor al dekades lank met hul uitmuntende variasie- en vollengte vertonings (om nie te praat van die dansers nie).

Hul program sluit Carl Orff se bekende Carmina Burana in. Moenie die kans om ballet van wêreld-gehalte te sien misloop nie.

Waar?

Gaborone (Internasionale Konferensiesentrum) 21 Junie
Potchefstroom (Sanlam-ouditorium) 24 Junie
Sasolburg (Etienne Rousseau-teater) 25 Junie
Durban (Playhouse Opera) 27 Junie
Johannesburg (Civic Centre) 1 – 5 Julie
Oos-Londen (Guild-teater) 8 & 9 Julie
Port Elizabeth (Operahuis) 11 & 12 Julie
Kaapstad (Kunstekaap) 15 – 19 Julie


*Bespreek jou kaartjies