Ryan Gosling FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Ryan Gosling en Eva Mendes se verhouding op die rotse

Die pragtige Hollywood-paartjie Ryan Gosling en Eva Mendes se verhouding hang aan ’n draadjie.

Dié paartjie, wat al twee jaar saam is, het sowat 6 maande gelede uitgemaak, maar vinnig weer hul verhouding hervat.

Eva Mendes vir Magnum

Maar sedertdien is alles glo nie pluis nie. ’n Bron het aan Us Weekly vertel dat hy buierig is en sy onseker oor haarself voel. Wanneer sy ’n boodskap van ’n onbekende nommer op sy foon sien, neem sy aan hy praat met ’n ander meisie.

Dr. Eve praat oor affairs

the-place-beyond-the-pines-poster

Eva en Ryan het op die stel van The Place Beyond the Pines ontmoet en begin uitgaan

Die 39-jarige Eva het glo ook aan Ryan (32) gesê sy wil verloof wees voordat sy 40 jaar oud is, maar die bron sê sy is terselfdertyd bang om te trou. Ryan kan nie meer byhou nie.

The Notebook

 

Ryan het voor Eva met Sandra Bullock en sy Notebook-medester Rachel McAdams (links) uitgegaan. Hy het van Rachel gesê dat sy een van die groot liefdes van sy lewe was.