FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Ryan Gosling en Eva Mendes verwelkom 2de baba

Die Hollywood-paartjie Ryan Gosling en Eva Mendes het stil-stil hul tweede dogter, Amada Lee Gosling, verwelkom.

Ryan en Eva is besonder privaat en hul jongste is glo al op 29 April gebore. Die skinderwebtuiste TMZ het die geboortesertifikaat ontdek en die nuus gedeel.

Hul eersteling, Esmeralda Amada, is nou 1 jaar en ses maande oud.

Eva het sedert 2014, toe Esmeralda gebore is, nog nie weer in ‘n rolprent gespeel nie. Nou is daar gerugte dat sy deel gaan wees van Fast 8, die nuutste in die Fast & Furious-reeks, waarin Charlize Theron ook speel.

Lees nou

Janet Jackson swanger op 49

Megan Fox is swanger!

Model Behati Prinsloo ís toe swanger!