Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO Getty Images for L'Oréal Paris

Het jy gehoor?

Ryan Reynolds en Blake Lively se pienkvoet is hier

Die New York Post se skinderblad Page Six het eksklusief verneem dat Ryan Reynolds en Blake Lively hul eersteling reeds in Desember verwelkom het.

Die 27-jarige aktrise het glo net voor die nuwe jaar in New York aan haar en Ryan se eersteling die lewe geskenk.

Die pienkvoet het ’n bietjie vroeër as beplan gekom, maar beide ma en baba is glo gesond. En met sulke gene kan die kleinding nie anders as om pragtig te wees nie.

Blake het in Oktober aan US Weekly gesê dat sy nog altyd ’n ma wou wees. “Ek het geweet ek wil baie kinders hê, want ek is deel van ’n groot gesin, daarom was dit nog altyd belangrik vir my.”

Blake het tydens haar swangerskap nie ’n modevoet verkeerd gesit nie.

Ryan (37), wat voorheen met Scarlett Johansson getroud was, en Blake het in 2012 die knoop deurgehaak. Die paartjie het al in die verlede gesê dat hulle graag ’n groot gesin wil hê. Ryan het teenoor Details Magazine gebieg hy hoop sy eersteling is ’n dogter.

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on


Lees ook