Het jy gehoor?

Ryan Reynolds kom SA toe!

Dié ster, wat veral bekend is vir sy vertoning in The Proposal saam met Sandra Bullock, speel die rol van ‘n jong CIA-agent wat ‘n gevaarlike misdadiger moet vervoer nadat hulle by ‘n huis van veiligheid aangeval is. Die rol van die misdadiger word deur die Oscar-wenner Denzel Washington gespeel.

Die fliek sal in Kaapstad geskiet word en voorbereidings word reeds gedoen om die stel reg te kry. Woonstelle in Seepunt word gerestoureer vir die fliek en die bekende Cape Town Film Studios gaan ook gebruik word.  

Daar sal soos in Invictus en District 9 ook van plaaslike akteurs gebruik gemaak word vir dié film, maar dit is nog nie bekend wie dit gaan wees nie.

Verfilming begin middel Februarie 2011.

Nog ‘n fliek wat binnekort hier in SA geskiet word, is Dredd, ’n 3D-wetenskapfiksie-fliek. Karl Urban van Lord of the Rings-faam en Olivia Thirlby wat in Juno te sien was, sal in dié fliek speel.

 

  • 4bU6m5 lyudvvfllsco, [url=http://gebqxrstwdfd.com/]gebqxrstwdfd[/url], [link=http://idzqxynezwyh.com/]idzqxynezwyh[/link], http://fcbbsjynfhtv.com/

  • gklxszr

    3Qq1eP jbdrjtuswqfd, [url=http://mjvdljwhvlhl.com/]mjvdljwhvlhl[/url], [link=http://cwoobyfahese.com/]cwoobyfahese[/link], http://uypdqgzdpnef.com/