Het jy gehoor?

Ryan Reynolds ontmoet SARIE-leser op lughawe

Dit was ná ’n 12 uur lange vlug van Londen af. “Ek het vir my bagasie gewag toe ek ’n baie aantreklike man aan die oorkant sien staan. Eers het ek gedink dit is iemand wat baie soos Ryan lyk, maar toe ek twee sekuriteitswagte naby hom sien staan het ek besef dit moet hy wees,” vertel Karen, ’n aankoper vir die Donna Claire-klerewinkel.

“Ek het al my moed bymekaar geskraap en vir hom gaan vra vir ’n foto. Ons het nie regtig gesels nie, hy was seker moeg ná die lang vlug van Engeland af.”

En is hy so aantreklik in die regte lewe as op die TV? “Ja, vir seker! Hy is pragtig! Hy is baie lank, ek is lank en hy was seker nog ’n kop langer as ek. En hy is baie stylvol. Hy het jeans aangehad, met ’n swart V-nekhemp en ’n leerbaadjie bo-oor.”

“Hy was baie plat op die aarde en ek kon sien hy probeer in-blend tussen die gewone mense. Hy het sélf sy bagasie gevat, en hy wou nie vir almal wys hy is nou hier nie.”

Dit was definitief ’n ervaring wat Karen nie gou gaan vergeet nie. Sy word al heeldag van alle kante af gepeper met vrae oor dié groot ster. En natuurlik is almal baie jaloers.

 

  • Odette

    SJOE… Hy is omtrent ‘n mooi man… Karen was so lucky.

  • RYAN-FAN

    SO N FOTO RAAK EK NOOIT VAN ONTSLAE NIE!!! JYS ‘N BAIE GELUKKIGE VROU OM HOM TE KON ONTMOET!

  • Hyla

    Ek het seker baiiiiiie lank geslaap of op n ander planeet gewees – ek sou langs die man verby gestap het en nie eers notisie geneem het nie….. jammer…….. mr noudat ek die foto gesien het en gelees het wie die man nou eintlik is, ja, hy is aantreklik……

  • Tammy

    Net die idee dat hy oenskynlik ‘n "plat-op-die-aarde" Hollywood-ster is, maak hom net meer aantreklik! Sjoe, jou lucky girl!