ryan reynolds
Het jy gehoor?

Ryan Reynolds se pa sterf aan Parkinson se siekte

Die Hollywood-akteur Ryan Reynolds het op sy Twitter-blad bevestig sy pa, James C. Reynolds, is oorlede, berig Hello.

Hy het ’n foto van sy pa wat hom as baba in sy arms vashou, getwiet. Hy het by dié foto vir aanhangers gevra om geld aan die Michael J Fox-stigting vir Parkinson se siekte te skenk.

Ryan het in November 2014 op NBC se Today gesê sy pa is in 1995 gediagnoseer en dit het baie sterk gesinsbande tot gevolg gehad.

Die akteur Michael J Fox is in 1991 met dié siekte gediagnoseer. Ryan is al sedert 2008 ’n lid van dié stigting en dien tans in die direksie. Hy doen baie bewusmakingsveldtogte vir Parkinson se siekte.

Ryan is getroud met die aktrise Blake Lively en hulle het hul dogtertjie, James, na sy pa vernoem. Sy is in Desember 2014 gebore.

Lees ook