Het jy gehoor?

Ryan Seacrest se SA meisie nuwe gesig van Ralph Lauren

Die Suid-Afrikaanse model Dominique Piek is omtrent besig! Nie net gaan sy met die werkolis Ryan Seacrest uit nie, sy is ook die nuwe gesig van die luukse ontwerpershuis Ralph Lauren …

Die Kaapse model Dominique Piek is besig om die modewêreld te verower. Sy het begin as ‘n swemklere-model, maar is nou die gesig van die luukse ontwerpershuis Ralph Lauren.

screen_shot_2013_08_21_at_10.18.22_am_300w

Dan kuier sy ook saam met een van die mees hubare mans in Hollywood – Ryan Seacrest. Nie net is hy die American Idol-aanbieder nie, maar ook ‘n bekende radio-omroeper en vervaardiger van werklikheidsreekse soos Keeping up with the Kardashians.

Nie Ryan (38) of Dominique (28) het al die gerugte bevestig dat hulle ‘n paartjie is nie, maar hulle het dit ook nog nie ontken nie. Die twee kuier sedert Junie saam en het ook saam in die suide van Frankryk vakansie gaan hou.

Ryan het in Maart met die Safe Haven-aktrise Julianne Hough opgebreek nadat hulle 3 jaar saam was. Dominique het nog tot April met Star Trek se Chris Pine uitgegaan.

 

FOTO’S: Julianne Hough (links) en Chris Pine (regs)

Dominique se nuwe huis …

Dominique is al vir die afgelope 8 jaar in New York, maar kom kuier gereeld in Suid-Afrika. In ‘n onderhoud met Modelinia het sy gesê haar gunsteling-ding in die Groot Appel is dat sy elke dag by ‘n ander restaurant kan gaan eet, want daar is so baie!

Skoonheidsgeheime

Ek sit 5 keer ‘n dag vogroom aan en ‘n goeie nagroom – dit is duur, maar die moeite werd. Jy word wakker en voel soos ‘n nuwe mens!

Stokperdjies

Ek kry nie regtig tyd daarvoor nie, maar ek hou daarvan om te skilder. Ek is mal oor kuns, daarom  probeer ek dit so veel moontlik doen. Om my skilderye in ‘n galery uit te stal is iets wat nog altyd in my agterkop is …