fireshot_capture_120_sa_style_awards_www_izindaba_co_za_index_php_option_com_k2_view_item_layout_item_id_830_itemid_154
Het jy gehoor?

Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!

Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt, haar man en pa van Gia, is aangewys as Suid-Afrika se stylvolste paartjie, en Jeannie D, Top Billing-aanbieder, as SA se stylvolste media-persoonlikheid. Terry Pheto is Suid-Afrika se stylvolste uitvoerende kunstenaar.

Dié SA Style Awards is reeds 14 jaar oud en is ‘n jaarlikse instelling op die mode-kalender. Dit word beskryf as Suid-Afrika se Oscars vir mode en skoonheid! Die doel van dié toekenningsaand is om erkenning te gee aan plaaslike sterre, mode-ontwerpers, “trendsetters” en innoverende, gesofistikeerde persoonlikhede.

En vanjaar het dié glansgeleentheid by die Nelson Mandela Square plaasgevind, waar die gaste begroet is met ‘n glasie sjampanje op die rooi tapyt om die aand af te skop. Daarna het die feesmaal begin, gevolg deur die lang verwagte toekenningseremonie.

Die benoemings vir die styltoekennings is in die bekwame hande van die Durbanse, Kaapstadse en Johannesburgse beoordelaars gelaat. Elke beoordelaar moes twee benoemdes, wat voldoen aan die titel as SA se stylvolstes, vir elke kategorie inskryf. Nog kategorieë en hul onderskeie wenners vanjaar is:

Mees innoverende styl: Poppy Ntshongwana (5FM)

Stylvolste uitvoerende kunstenaar (musiek): Lindiwe Suttle

Stylvolste model: Lerato Moloi

Stylvolste ontwerper: Maira Koutsoudakis 

Stylvolste sakepersoonlikheid: Sandile Msimango

Stylvol is beslis die perfekte woord om ons SA bekendes te beskryf en ons weet hulle sit altyd hul beste voetjie voor (veral op die rooi tapyt). Kyk gerus die foto’s by ons artikel asook na die video om deel te wees van SA se nuutste modes!

  • http://swhjpxmqyfre.com/ pncwoa

    n1MH7a fwbgwrhguywe, [url=http://uycyejgeswhm.com/]uycyejgeswhm[/url], [link=http://rlpmhiqcgcgt.com/]rlpmhiqcgcgt[/link], http://ynamakczmsmo.com/

  • bhlbiwnrxty

    3Tfmon gogfwkshxqoe, [url=http://gcqvvstiiiin.com/]gcqvvstiiiin[/url], [link=http://xxvndcumcecz.com/]xxvndcumcecz[/link], http://llbmfyyyjscn.com/

  • rmkfacdy

    F2ccek xtyexfhpniqi, [url=http://pvzsmxbiadwf.com/]pvzsmxbiadwf[/url], [link=http://fdlzqddqbile.com/]fdlzqddqbile[/link], http://zdejospxbnhx.com/