FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Ryk Neethling smóórverlief op dié skoonheid!

Nog nie verloof nie, maar báie verlief …

SA se voormalige Olimpiese swemmer Ryk Neethling het die skoot hoog deur met die donkerkop-skoonheid Sahar Biniaz (28), wat ’n outydse 5 voet 8 duim (sowat 1,73) lank is.

Ryk woon deesdae op die Val de Vie-landgoed by die Paarl en is nou ’n sakeman. Hy rig onder meer talentvolle swemmers af by sy swem-akademies, Ryk Neethling Swimming Stars – twee in Pretoria, een in Johannesburg en een in die Paarl.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Sahar is in 2012 tot Mej. Heelal Kanada bekroon. Sy was ook eerste prinses in die Miss Global Beauty Queen 2003 (‘n internasionale wedstryd) en tweede prinses in Miss Tourism International Queen in 2008.

 

Sy is natuurlik vir my een van die mooiste vroue in die wêreld. Dit is nie maklik om iemand te kry wat mens verstaan nie. . . Sy het ‘n sin vir humor en ons kan oor alles gesels.

- Ryk praat oor Sahar

Die verhouding duur reeds ’n “’n hele paar maande”. Dit het vlam gevat tydens sy vakansie in Spanje. “Daarna het ons mekaar weer vir ’n vakansie ontmoet in New York. En toe is ons saam vir werk na Doebai. Ons is baie ernstig. Maar ’n verhouding is iets privaats. Dit is ’n ernstige ding, so ek wil my nie nou oor meer uitlaat nie.”

Sahar het dié foto van haar en Ryk haar Facebook-profielfoto gemaak SKERMGREEP: Facebook

Sahar het dié foto van haar en Ryk haar Facebook-profielfoto gemaak
SKERMGREEP: Facebook

Sahar is ook ’n aktrise en het al ’n hoofrol in onder meer die Irannese rolprent Ambrosia vertolk. Sy was ook al te sien in verskeie televisieprogramme, onder meer in reekse soos Blue Mountain State en Smallville.

Wat dink jy? Is Ryk en Sahar ’n mooi paartjie?

  • JA
  • NEE