Het jy gehoor?

Hoogs betaalde aktrises: Charlize 5de, raai wie’s eerste?

Stewart verdien, nes Robert Pattinson en Taylor Lautner, $12,5 miljoen dollar (sowat R100 miljoen) per Twilight-fliek, maar kon in die top-posisie inskuif danksy haar inkomste uit Snow White and the Huntsman. 

Kristen Stewart in Twilight

Cameron Diaz (17 jaar ouer as Stewart) beklee die tweede plek en is ‘n kortkop agter Stewart met die stewige $34 miljoen wat sy uit flieks soos Bad Teacher, What to Expect When You’re Expecting en The Green Hornet gemaak het.

Sandra Bullock het sowat $25 miljoen laat inrol, met Angelina Jolie in die vierde plek met $20 miljoen. Jolie was op 78 tydskrifvoorblaaie in dieselfde tydperk.

In die 5de plek is Charlize Theron met $18 miljoen (sowat R145 miljoen). Benewens flieks soos Young Adult, Snow White and the Huntsman en Prometheus, is sy ook die gesig van Dior.

[box:full:red:both]

Só lyk die res van die lys

6. Julia Roberts ($16 miljoen)
7. Sarah Jessica Parker ($15 miljoen)
8. Meryl Streep ($12 miljoen)
9. Kristen Wiig ($12 miljoen)
10. Jennifer Aniston ($10 miljoen)

[/box]