Het jy gehoor?

Só bly Katy Perry gesond as sy toer

“Wanneer ek toer, eet ek gewoonlik ’n ligte sop of geroosterde hoender en aspersies vir aandete,” vertel Katy aan People.com. Sy drink ook multivitamien-aanvullings en hou baie van vars uitgedrukte vrugtesappe.

Katy sê sy is mal daaroor om te peusel, maar kies gesonder opsies soos groentestokkies met hoemoes, vrugte of springmielies.

“Ek kan nie bekostig om siek te raak terwyl ek toer nie, want my aanhangers verwag dat my vertonings van ’n sekere gehalte sal wees – en ek wil hulle nie teleurstel nie,” vertel Katy verder. “Ek eet gebalanseerd, en maak seker my energievlakke is hoog genoeg vir ’n 2 uur lange vertoning.”

Behalwe dat sy reg eet, voel Katy roetine is ook baie belangrik. Sy staan vroeg op en begin haar dag met oefening. “Ek hou glad nie van gim nie. Ek verkies om in die buitelug te stap of fiets te ry,” bieg sy.

[box:full:grey:both]

Hier is ‘n paar wenke vir gesonder peuselhappies

[/box]