corine_du_toit_is_karen_pic_1
Het jy gehoor?

SA akteurs vir Night Drive-fliek

Die bekroonde akteur Chris Beasley (Lee in Isidingo) is in die hoofrol as Sean Darwin te sien, ‘n eks-polisieman wat nou op die spoor van wildstropers is. Corine du Toit (Jane in Egoli) speel die rol van Karen, ‘n vrou wat in haar huis aangerand word, maar besluit om nie weer ‘n slagoffer te wees nie. Haar man, Ian, word gespeel deur Brandon Auret – bekend vir Isidingo, Hansie – The Movie en District 9.

Ander bekende name is Greg Melvill-Smith (District 9, Mr Bones, 7de Laan) en die Amerikaanse akteur Antonio David Lyons (Hotel Rwanda, American History X, Sum of All Fears). Hy woon deesdae in SA.

Chris Beasley

Wat jy nie van Chris geweet het nie

  • Sy ma was ‘n PACT-danseres en sy pa ‘n jazz-musikant, wat later ‘n hooggeregshof-regter was
  • Chris het ‘n passie vir musiek – hy speel kitaar, klawerbord en hy sing. (Was ook in ‘n band.)
  • Sy groot liefde is die bosveld - hy’t op ‘n wildsplaas grootgeword en later was hy ‘n wildbewaarder op ‘n teel-wildsplaas.
  • Sy loopbaan in die vermaaklikheidswêreld het begin as ‘n waagarties. Sy loopbaan as akteur het egter op die verhoog begin.
  • Sy aktiewe leefstyl laat hom gereeld uit vliegtuie spring, rotsklim, skubaduik en mikrovliegtuie vlieg. (Hy het SA al by die wêreld-valskermsprong-kampioenskappe verteenwoordig – in 2006 was hy 5de in die wêreld.)

“Ek voel asof die rol vir my geskryf is. Dis nie ‘n tipiese rillerfliek met bloed en binnegoed nie. Dis intelligent, met ‘n goeie, diep storielyn. En nóg meer, dit speel af teen die agtergrond van die Bosveld en die film spreek kwessies aan wat my baie na aan die hart lê. Soos wildstroping vir muti-doeleindes. Hierdie is nie fiksie nie, dis goed wat regtig elke dag in ons land gebeur,” sê Chris.

Sluit aan by Night Drive se facebook-groep

Vervaardig deur The Film Factory
Vervaardigers: C.A. van Aswegen, James Carroll
Mede-vervaardiger: Susana Kennedy
Skrywer/regisseur: Justin Head

  • http://obukdcbpgavh.com/ cverrtczu

    AVZXye lqapefnjjook, [url=http://itehwykluzme.com/]itehwykluzme[/url], [link=http://yqvmrgfzsicm.com/]yqvmrgfzsicm[/link], http://nrcyoxgjneuz.com/