3608_moloisane_lerato
Het jy gehoor?

SA-aktrise vir Emmy benoem, maar het nie geld om te gaan nie

Vir Lerato is haar benoeming in die Internasionale Emmy’s se Beste Aktrise-kategorie vir haar rol as Katlego in Home Affairs soet én suur. Die erkenning is oorskadu deur die feit dat sy nie die geld het om die geleentheid op 22 November by die New York Hilton Hotel by te woon nie, berig Times Live. Dit is die wêreld se mees gesogte TV-geleentheid. Helena Bonham Carter, die Oscar-benoemde Britse aktrise wat onlangs as die Red Queen in Alice in Wonderland te sien was, is in dieselfde kategorie benoem vir haar rol in Enid.

Volgens Lerato sal dit haar R125 000 kos om haar land in Amerika te gaan verteenwoordig.“Ek het vandag baie gehuil, want ek kan niemand kry om my te borg of te help om fondse in te samel nie. Wat sal gebeur as ek dit wel wen?”

Home Affairs is ‘n plaaslike drama op SABC 1 wat op Suid-Afrikaanse vroue se stories fokus. Lerato se karakter is deur haar ouma grootgemaak en word ‘n slagoffer van ‘n motorkaping.

Brenda Ngxoli, ook een van dié reeks se aktrises, is in 2007 in dieselfde kategorie benoem, maar kon vir dieselfde redes ook nie die seremonie bywoon nie.

Tydens die 38ste Internasionale Emmy-toekennings sal voormalige American Idols-beoordelaar, Simon Cowell, ook vereer word.

  • Andre

    Sy moet maar Skype,dis cheap en as sy nie wen nie het sy nie geld gemors nie!

  • Sonette Groenewald

    Baie baie geluk Lerato!! Ai sal jammer wees as sy nie persoonlik daar kan wees nie!! Hoop iemand sponsor haar!!!

  • Kobus

    Ek verstaan dalk iewers iets nie mooi nie. Sy is swart en die geld behoort vinnig vir haar in te stroom en die hoogtes te bereik in no time!!!!

  • Alma

    Kani glo dat dit SOOO baie gaan kos nie!~As dit regtig so baie vir haar beteken sal sy plan maak en nie wag dat die geld uit die lug val ni! Kan sy ni van haar mede akteurs kry om saam met haar iets te doen soos karre was of by malls optree en geld insamel of ñ auction met iets van almal wat in die prent speel…

  • ABI

    Nou waar is die Dept. van Sport, Kuns en Kultuur of die talle ander souswaentjies dan nou! Baie geluk!

  • Please

    ASB. Dit sal jou ongeveer tussen R8 000 – R12 000 (Rand let wel) vir vliegtuig kaartjie kos en dan kan jy verder budget vir ‘n backpackers vir ongeveer so 600 USD dollars vir een of twee weke. Dalk self een maand.
    Kos – kan jy uiwerk so tussen 8 -15 dollars ‘n dag op budget.

    So as jy slim te werk gaan kan die hele storie jou so tussen R16 000 – maks R30 000 kos. So weet nie waar kom jy aan die R125 000 nie.

    So R125 000 – hoe kom jy by die bedrag uit? Jy soek ekstra pocket money?

  • Martha

    Eerste klas vlug, 5 ster hotel en ontwepers klere = R125 000. Ekonomie klas, 3-4 ster hotel en ‘n paar mooi rokkies van bekende ketting winkels = R30,000. Nie onbereikbaar nie, of hoe?

  • richard

    Zuma se korrupte seun kan dit duidelik bekostig om haar te stuur.Ten minste word sy sak daardeur geseen.

  • Zaza

    Baie geluk meisie, dit word so gedoen. Ek dink dit is hierdie tiepe van dinge wat ons goverment moet betrokke raak. Hulle kan aan sponsor siende dat ons belasting geld vermors word.

  • Sandra

    As belastingbetaler,wat daagliks besteel word, het ek ‘n groot probleem met die mense wat dink die ‘government’ behoort haar te ‘sponsor’. Asof daar nie al klaar te veel in die bodemlose korrupsie-put verdwyn nie.
    Sy het in elk geval haar eie saak geskaad deur te beweer dat sy so ‘n buitensporige bedrag benodig – sy verdien om tuis te bly.

  • Harriet

    Mens kan sien dat meeste wat hierdie forums besoek almal wit is. Die anonimiteit laat jou mos lekker dinge kwytraak. Doen so voort.

  • Marieke

    Intussen het sy ‘n sponsor gekry en gaan sy nou binnekort New York toe. Good luck, Lerato!!