Het jy gehoor?

Bekende SA aktrise speel nou in The Bold and the Beautiful

Terry Pheto wie pas 30 geword het, is die gesig van L’Oréal in Suid-Afrika, en nou speel sy die rol van ‘n Suid-Afrikaner in een van die bekendste sepies ter wêreld. Die vervaardigers swyg egter nog oor presies wat die storielyn rondom Pheto se rol gaan wees. Die karakter is ‘n eerste vir haar, dis die perfekte kombinasie van skoonheid en intelligensie.

“Herdie is die kans van ‘n leeftyd en ek sien so uit om saam met Katherine Kelly Lang en Susan Flannery te speel. Dit terwyl ek my tande behoorlik in hierdie uitdagende rol sal sink,” het Pheto gesê.

Die vervaardiger wou juis ‘n Suid-Afrikaner in die sepie inskryf oor die groot aanhang wat The Bold and the Beautiful hier in SA geniet.

Jy gaan vir Terry teen 2012 in dié sepie sien – weeksdae om 18h00 op SABC 1 Mzansi Fo Sho

Volg vir Terry op Twitter – @TerryPheto