120724125149_zambezia_kai_horizontal_gallery
Het jy gehoor?

SA animasie-fliek met Samuel L. Jackson

Dit lyk dit of Zambezia moontlik die wêreld se oog op Suid-Afrikaanse animasie-kuns kan plaas. Met ‘n asemrowende ‘stel’, die Victoria-valle, en wyd-geïnspireerde Afrika-kuns-invloede, sal dié fliek kinders regoor die wêreld betower met sy boodskap van ubuntu. Dit is maar die derde 3D-film wat in SA vervaardig is, en spog beslis met die grootste begroting.

'n Toneel uit Zambezia

Die fliek is in Kaapstad vervaardig deur Triggerfish Animation Studios en is gekies om die slotfilm by die 33ste Durbanse Internationale Filmfees te wees.

“Kinders gaan wens hulle kan vlieg!” sê Wayne Thornley, regisseur en mede-skrywer van Zambezi.
“Hierdie fliek is ‘n uitstekende ambassadeur vir die jong film-talent en opwindende bedryf in Suid-Afrika,” het hy gesê.

Dit vertel die storie van Kai, ‘n jong valkie wat in isolasie deur sy streng pa grootgemaak word. ‘n Ander voël vertel hom van Zambezia, ‘n voëlstad met kos, musiek, dinge om te sien en ervaar… Hy besluit om sy pa verlaat, maar besef gou hoe moeilik dit is om op jou eie in ‘n stad te oorleef.

'n Toneel uit Zambezia

Zambezia se wêreldpremiére was by die Annecy Animation Festival in Frankryk in Junie 2012. Dit begin 26 Desember op die grootskerm wys.

Kyk die voorprent