photo_1002_20081011
Het jy gehoor?

SA bekendes se nee vir pornografie, veral oor kinders

Meer as 13 000 mense stem nee vir sekskanale op DStv!

“Stem nee vir pornografie!” – Dit was die boodskap van Solidariteit Helpende Hand se veldtog om duisende Suid-Afrikaners te kry om hul stemme dik te maak teen DStv se idee om pornografie uit te saai. Die webtuiste www.neevirpornografie.co.za en ‘n SMS-diens is deel van die veldtog waarby sowat 13 000 mense reeds betrokke is. Dit sluit bekendes soos Victor Matfield, Mel Botes en Shaleen Surtie-Richards in.

“Op die oog af is daar nie veel verkeerd met MultiChoice se voorneme nie, want die Handves van Regte maak immers voorsiening vir die vryheid van die media om hierdie keuses aan sy kyker te bied,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. Maar volgens dr. Langner word kinders se regte egter deur hierdie besluit geskend.

Studies het al die volgende aangetoon:

  • 77% van molesteerders van seuns en 87% van molesteerders van meisies boots pornografie na op hul slagoffers.
  • Elke dag word 60 kinderverkragtings en 13 gevalle van mishandeling aangemeld.
  • Ongeveer 88% van verkragtings word egter nie aangemeld nie.

“Suid-Afrika se kinders verdien beter en alle Suid-Afrikaners moet ‘n kans kry om eerder nee te stem vir pornografie,” sê dr. Langner

Wat sê SA se bekendes?

Hettie Brittz – “Die sogenaamde verwysing na ‘volwasse inhoud’ is eintlik onvolwasse. Pornografie het ʼn vernietigende effek. Asseblief nie, MultiChoice!”

Mel Botes – “As jou land se waardesisteem val, is jy besig om agteruit te gaan. Dit is teen my beginsels. In ʼn land waar jy blootgestel word aan so iets, word jou jeug verkeerd geleer.”

Izak Davel: “Mense moet eerder geld spandeer om arm mense en weeskinders te help en geweld teë te werk. Pornografie is ʼn belediging vir die mensdom. “

Gretha Wiid - “Ons jeug en ons huwelike bloei! Ons kinders word nie beskerm nie. MultiChoice is besig om ons jeug te kruisig; hulle verkoop ons kinders se siele vir geld terwyl hulle hul hande in onskuld was!”

Jakkie Louw – “As ons nie bereid is om ons kinders op te pas nie, wie gaan? Kinders is die toekoms, en watter toekoms berei ons voor as ons hulle gif op die TV voer?”

Mandi du Plooy – “Dit is geweldig skokkend en hartseer en ek sal alles in my vermoë doen om mense te waarsku.”

Org Strauss – “Dit kan nooit ooreenstem met my waardes as Christen en Afrikaner nie. Die blootstelling aan pornografie is besig om ons jeug se opvoeding te vernietig.”

Victor Matfield – “Ek as ouer van twee kinders wil nie my kinders blootstel aan pornografie nie.”

Adriana Faling - “Pornografie, saam met godslastering, en ʼn rits ander sondes word daagliks in hoër dosisse by ons vermaak gemeng en ons word al hoe lakser en gemakliker daarmee.”

Bobby van Jaarsveld – “As hulle dink daar is baie skade aan Suid-Afrika se mense, gesinne en veral jong mense het hulle nog niks gesien tot hulle daai snert begin toelaat nie. Dis siek!”

Sean Else – “Ek wil nie hê my geld moet bydra tot die vervaardiging van pornografie nie. Die media se vryheid onderstreep weer eens die verantwoordelikheid van die individu en ouers om jouself en jou kinders te beskerm!”

Schalk Baard – “Dit is belaglik en baie hartseer dat MultiChoice op so ʼn manier ekstra geld wil maak.”

Carike Keuzenkamp - “Ek is definitief heeltemal gekant teen enige vorm van pornografie op televisie.”

Shaleen Surtie-Richards – “Ek bid tot die Here dat die mense wat hierdie besluite neem nie self kinders of pedofiele in hulle familie het nie.”

Steve Booysen: Nog ‘n aanslag op die waardesisteem van ons mense. MultiChoice kan net sowel pornografie op hul werknemers se skerms toelaat.”

Luister ook na wat hulle te sê gehad het

  • http://dpnctpalsxzj.com/ dpdqhmffat

    Jlbu21 xirkommhsdwb, [url=http://mcekdunrpreo.com/]mcekdunrpreo[/url], [link=http://mnhtefwggrpu.com/]mnhtefwggrpu[/link], http://wkxdcrjsawll.com/