herman1
Het jy gehoor?

SA bekendes se top-onthaalwenke

Dis ’n feestelike tyd van die jaar, maar as jy moet gasvrou speel, kan dit ook stresvol wees. Ons het by ’n paar bekendes en kenners gaan aanklop vir hul top-onthaalwenke.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing

Kersfees gaan oor saam-wees, saamkuier en saam geniet! Doen dít in styl én met baie liefde.

Dek ’n groot tafel: ek begin al die 23ste dek aan my Kerstafel, want dit moet perfek wees! Sorg dat daar vir elke gas ’n klein geskenkie op die tafel is. Maak seker jy het naamkaartjies, want daar is altyd een of twee mense wat dalk net aan die stry kan raak – ons weet hoe is familie en dis mos maar altyd iets om oor gespanne te wees!

Kook kos waarmee jy gemaklik is. Kersfees is nie die tyd om iets nuut te probeer nie! Doen inkopies betyds en koop nuwe musiek. Die heel belangrikste is om saam te kuier, die dag te geniet en saam met geliefdes te wees!

Sangeres Nianell

“Kry almal om ’n handjie by te sit, kuier terwyl julle kos voorberei en geniet elke oomblik van saam-wees.”

FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley

FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley

Angelique Gerber

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en mode-ontwerper)

“My top-wenk is om jou kleurskema wit te hou – wit liggies, wit tafeldoeke en borde, en bring bietjie groen en rooi in met die servette en dalk die drankies. Hou verder alles baie simplisties, dit moet tog gaan oor familie, liefde, vriende en Jesus!”

Sanger Elvis Blue

FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

“My vrou sal hierdie beter kan antwoord! Maar ek dink jy moet bloot net glimlag. Dis altyd lekker om by iemand te kuier wat glimlag.”

Zetske en haar man, Altus FOTO: Leana Clunies-Ross

Zetske en haar man, Altus FOTO: Leana Clunies-Ross

Aktrise Zetske van Pletzen

“Maak die kos voor die tyd, sodat jy saam met jou gaste kan kuier en nie die heeltyd in die kombuis hoef te wees nie.”

Nadia Valvekens, Pippa van Binneland

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

“Daar moet altyd genoeg goeie rooiwyn wees!”

vicky_davis_3_web

Vicky Davis

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en -vervaardiger)

Hou kos lig en vermy te veel stysel, suiker en sout in disse – dit kan steeds lekker wees al is dit bietjie gesonder!

 

 

 

 

 

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Elma Postma, Bea in Binneland

“Maak ’n reusagtige Kers-ete op Oukersaand, sodat jy genoeg oorskietkos het vir die volgende dag! Maar onthou om te onthaal met hartskos – kos wat jou en jou familie gelukkig maak.”