Het jy gehoor?

SA het Coldplay-koors en jy kan wen!

Die alternatiewe-rock-groep Coldplay het pas ’n nuwe enkelsnit, Paradise, uitgereik. Dit volg op Every Teardrop is a Waterfall, wat ook op hul nuwe album, Mylo Xyloto, sal verskyn.

Dit is Coldplay se vyfde album en die vorige vier albums het wêreldwyd meer as 50 miljoen eksemplare verkoop.

Op Mylo Xyloto kan aanhangers onder meer ’n snit saam met Rihanna verwag, “Princess of China”.

“Coldplay is bekend vir hul goedvoel-treffers en dié ene stel nie teleur nie. Dit begin in tipiese Coldplay-styl stadig en bou op na ‘n melodie wat smeek om die arena te vul met pragmusiek,” meen Will Oliver van die blog We All Want Someone To Shout For Music. “Dit is Coldplay op hul beste.”

[box:full:grey:both]

Coldplay kom volgende maand vir die eerste keer SA toe en Mylo Xyloto sal 24 Oktober 2011 in SA beskikbaar wees.

[/box]

Coldplay is 5 Oktober 2011 in Johannesburg, en 8 Oktober 2011 in Kaapstad te sien.

Twee gelukkige lesers kan elk ’n Mylo Xyloto-album wen.

Die kompetisie sluit 5 Oktober 2011.

  • Ansie Williams

    Baie dankie kan nie wag om die nuusbriewe vanaf julle te ontvang, ek is n gereelde Sarie leser! Dit is n puik
    Tydskrif vol genot!

  • Sharleen

    Sarie is alles!!!

  • Hettie van den Berg

    Sarie is tops

  • ehaxbvbfgqf

    Ope1gz fpqlbbdsubgu, [url=http://ypkdhkguynoy.com/]ypkdhkguynoy[/url], [link=http://xwurtrextfxb.com/]xwurtrextfxb[/link], http://msrkdpheepns.com/