sr0902suidooster047
Het jy gehoor?

SA is een van die top-tien lande om in te woon

Goeie nuus! Die Britse bank HSBC het ‘n meningspeiling onder expats gedoen om vas te stel watter lande die beste lewenskwaliteit bied. Suid-Afrika het die top-tien lys gehaal en selfs Frankryk en die VSA geklop!

Hier is die lys van die top-tien lande wat die beste lewenskwaliteit bied:

1. Kanada

2. Australië

3. Thailand

4. Singapoer

5. Bahrein

6. Suid-Afrika

7. Frankryk

8. VSA

9. Spanje

10. Hong Kong

Trots Suid-Afrikaans?

Vertel ons wat maak jou trots Suid-Afrikaans en opgewonde oor ons land. Laat weet ons in die kommentaarboksie hieronder.

  • Hyla

    Nee wat, jammer om te se maar ek is beslis nie trots SAfrikaner nie en probeer liewer wegsteek dat ek van SA is. Soveel moord/verkragting/geweld – hoe kan ek iemand aanbeveel om na Sa te kom (en daardie persoon moontlik n statistiek gaan wees). SAfrika is n pragtige land ek stem 100% saam – die geweld en wetteloosheid maak my nie glo in my eie land nie. My vriendin se dogter was aangehou/gelukkig ni verkrag ni deur n sg ‘polisieman’ – hulle is veronderstel om jou veilig te hou en nou dit. My swaer is doodgesteek met messe en gelos in die veld… so kan ek nog vele geweldstukke noem wat my familie en vriende raak.. Ek sal nie eers my kinders wat oorsee woon/werk aanmoedig om hier te kom bly/kuier nie… ons gaan liewer daarheen.( en ja, ek woon/werk ook in die buiteland)

  • http://Yahoo.com Elize

    Jammer, ek dink nie Suid Afrika moet so hoog op die lys wees nie. Al die geweld en werkloosheid dit is seker die eerste ding op elke mens se lys, om veilig te voel en om n werk te kan he. Suid Afrika sal seker onder aan die lys dan wees. Ek woon nou al baie lank in die buiteland en as n enkel persoon kan ek 10 uur die aand gaan stap dan is ek nog veilig. En nie te praat van korrupsie van die land se leiers. So asseblief kry julle feite reg.