FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

SA krieketster verloof!

Die Protea-ster Morné Morkel het die naweek verloof geraak aan die Australiaanse nuusleser en sport-omroeper Roz Kelly.

Die paartjie het verlede jaar ontmoet toe die Proteas in Australië gaan toer het en sedertdien was dié twee in ’n langafstand-verhouding.

Roz het vanjaar na Indië gevlieg om saam met dié snelbouler vakansie te hou terwyl hy in die Indiese Premierliga gespeel het.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Sy het verlede week na Doebai gereis waar die Proteas teen Pakistan afgereken het. Hier het Morné besluit om die groot vraag te vra.

FOTO: Instagram

Morné en Roz met haar verloofring FOTO: Instagram

Kelly het glo ook reeds Morné se familie en vriende ontmoet. Dit is blykbaar ’n groot grap tussen die pas-verloofdes dat die Suid-Afrikaners en die Australianers krieket-vyande is. Ons wonder wie gaan toegee?

FOTO: Instagram

Hy dra die serp, maar hy hou nie daarvan nie! FOTO: Instagram

FOTO’S van die verliefde paartjie:

(klik op die foto om te vergroot)

Bron: The Australian