tanit
Het jy gehoor?

SA model dalk in hoofrol vir nuwe Warner Brothers TV-reeks

Is Tanit Phoenix Suid-Afrika se nuwe Wonder Woman?

Dis laasmaand aangekondig dat Warner Brothers die storie van Wonder Woman gaan aanpak, máár as ‘n televisiereeks, eerder as ‘n fliek. Die televisiereeks sal in die bekwame hande van David E. Kelly gelaat word, beter bekend is vir sy werk in reekse soos Boston Legal, Ally McBeal en Chicago Hope.

Die vraag op almal se lippe is, wié sal die ster in die noupassende korset wees? Gerugte doen die ronde dat Suid-Afrika se eie Tanit Phoenix, model en aktrise, as die top-kandidaat op die kortlys van 5 kandidate beskou word. Sy het al in flieks soos Lost Boys: The Thirst en Lord of War, teenoor Nicholas Cage, gespeel.

Tanit het blykbaar reeds met lede van die produksiespan van Wonder Woman vergader en gesê sy stel definitief belang. Sy word beskryf as treffend en beslis fiks en fiets genoeg om die rol as Wonder Woman fisiek te kan baasraak.

Ons hou duime vas dat nóg een van ons land se aktrises oorsee sal skoonskip maak!