144620820_hires
Het jy gehoor?

SA modelle verower Hollywood-manne se harte

Tydens die afgelope Cannes-fliekfees in Frankryk het Suid-Afrikaanse model en voormalige Sports Illustrated Swimwear-model, Dominique Piek, vir die eerste keer amptelik op die rooi tapyt aan die sy van haar Hollywood-hartebreker, Chris Pine, verskyn. Ja, die einste Captain Kirk van Star Trek-faam!

Behati Prinsloo, die 23-jarige model van Grootfontein in Namibië, dra die gesogte ‘titel’ as ‘n Victoria’s Secret-engel – ‘n uitgesoekte groepie supermodelle waarvan Candice Swanepoel, nóg ‘n SA supermodel, ook deel is. ‘n Baie verliefde Behati en Maroon 5-hoofsanger, Adam Levine, is in Mei deur papparazzi op kamera vasgevang. Sy is pas ook aangewys as die gesig van Australiese swembroekreeks, Seafolly.

Op die foto: Mede-Victoria’s Secret-engele, Behati Prinsloo en Candice Swanepoel (Twitter)

Behati Prinsloo en Candice Swanepoel