FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

SA musikant vir ‘n Emmy benoem

Die komponis en musikant Philip Miller is vir ‘n Emmy-toekenning benoem vir die klankbaan van die internasionale film The Girl.

Philip het die klankbaan vir The Girl geskryf. Dié rolprent, wat ‘n gesamentlike projek tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk is, spog met groot name soos Sienna Miller, Imelda Staunton (Vera Drake) en Toby Jones (Harry Potter). Die fliek gaan oor ‘n onstuimige verhouding tussen die legendariese filmvervaardiger Alfred Hitchcock en die aktrise Tippe Hedren en het 6 Emmy-benoemings ontvang, onder meer vir Beste Regisseur, Beste Akteur en Beste Byspeler.

Philip se klankbaan het glo die atmosfeer van dié rolprent vasgevang en verryk, daarom is dit benoem. Die Suid-Afrikaanse rolprent- en video­stigting (NFVF) het hom die afgelope week geprys. “Miller is een van Suid-Afrika se beste komponiste in die film- en televisiebedryf. Net net nasionaal nie, maar ook internasionaal.”

Emmy-benoemings 2013 bekend!

Philip het musiekkomposisie aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het sy nagraadse studies in elektro-akoestiese musiekkomposisie vir film en televisie aan die Bournemouth Universiteit in Engeland voltooi.

Hy het ook die klankbaan vir The Bang Bang Club (wat vir ‘n Genie-toekenning in Kanada benoem is), en Black Butterflies (waarvoor hy in 2012 deur die Suid-Afrikaanse Film en Televisie-toekennings vereer is) gekomponeer.

HIERONDER is ‘n video van ‘n projek wat hy in samewerking met die internasionaal bekroonde kunstenaar William Kentridge gedoen het:

Bron: www.southafrica.info

* Die Emmys vind op 22 September plaas.