sharlto
Het jy gehoor?

District 9 – Apartheid en ruimtewesens

District 9 is in samewerking met die baasbrein agter Lord of the Rings, die Oscar-bekroonde Peter Jackson, vervaardig.

Bid jou aan! In die fliek is honderdduisende ruimtewesens in Johannesburg gestrand ná hul ruimtetuig hier onklaar raak. Natuurlik is die onooglike spulletjie glad nie welkom nie, en word hulle na ‘n vlugtelingkamp met doringdraad omhein aan die buitewyke van die Goudstad verban – dié heet District 9.

Onmiddellik is die parallelle tussen District 9 en die Apartheidsera tussen die lyne leesbaar. Blomkamp het tydens Apartheid in Johannesburg grootgeword en beskou dit as vormingsjare wat ‘n belangrike invloed op sy kreatiewe siening vandag het.

Sy jarelange vriend en akteur Sharlto Copley speel die rol van Wikus van der Merwe. Hy werk vir die MNU, ‘n groot korporatiewe instelling wat die ruimtewesens uit die ”plakkerskamp” op ‘n ander plek wil hervestig. Maar intussen word hy besmet met alien-liggaamsvloeistof, en sake verander . . .

Die res moet jy maar self uitvind wanneer District 9 vanaf 28 Augustus op die grootskerm hier draai. (Bron: Los Angeles Times)

Nog foto’s uit District 9

Lees ‘n onderhoud met die hoofkarater, Wikus van der Merwe (gespeel deur Sharlto Copley)

  • http://kcyoidxmctkr.com/ cumvsfwg

    mkKD4Y tkscbitmysgw, [url=http://qdbheqhxvhnw.com/]qdbheqhxvhnw[/url], [link=http://hjvtsdnhivue.com/]hjvtsdnhivue[/link], http://gynpsgplwciu.com/